Profile photo of Zelia

by

SKAAP AFVAL/SHEEP OFFAL

March 25, 2011 in -

Hierdie artikel is vir Pink Polka Dot Laughing

 

SKAAP KERRIE AFVAL / SULT / BRON / BRAWN

Die skoonmaak proses van afval is die belangrikste.

Ek gebruik nie die kop nie, want dit is meeste van die tyd nie beskikbaar nie (tensy jy op ‘n plaas woon), maar ek ken die lang en groot proses… Jy moet hare op jou tande hê vir die voorbereiding! Hul bak dit of in die oond of kook dit vir ure in ‘n pot met baie, baie sout tot sag.

Dit is vandag bekend as ‘n “SMILEY” (dankie google vir die foto)

 

As klein dogtertjie het ek my ma dopgehou wanneer sy afval gekook het en my doodgegril met tye, maar die eindproduk was iets besonders en vandag kan ek dankie se ma, ek het goed geleer. My ma was 5jaar oud toe haar ma op die ouderdom van 26jaar gesterf het met die geboorte van haar 4de kind a.g.v. nierstuipe. Sulfas was in daai jare die enigste antibiotika en dodelik vir porfirie lyers. My ouma het Variegate Porfirie gehad en het baie swaar gekry, hul het geen idée gehad wat ‘n porfirie aanval veroorsaak het nie! Medikasie, son, alkohol en dieet was die groot sondebokke…

My ma het by my stiefouma, ouma-grootjie en tantes geleer hoe om afval voor te berei. Dit was deel van hul grootword jare.

Soos die advertenisie op TV uitgewys het toe die seuntjie sy ouma vra: “What did you do when you were a child?” she replied: “We cooked” and on his question “What did you do for fun?” she replied: “We baked”. Hy kon nie verstaan dat jy die hele dag kook en bak nie. J Min wetend dat ons oumas sonder enige kombuis toerusting moes regkom; geen mengers of elektrisiteit. Dink net terug hoe ons gesukkel het met Eskom verlede jaar; sonder krag; alles het behoorlik tot stilstand gekom. Dankie tog my wonderlike man het ‘n enorme ‘generator’ geinstalleer. Twee weke terug was ons krag af van 9 vm tot 5 nm sonder enige waarskuwing. Ons is regtig verlore sonder krag, veral die jeug, het geen benul wat om te doen nie! Ons kan ons hoedens afhaal vir ons voorgeslagte; hulle het hard gewerk! Alles is met die hand bewerk; en hulle moes op ‘n koolstoof staatmaak. Voorbereiding het dae geneem…

Ons het in ons kinderjare die ou strykysters op die koolstoof (Welcome Dover coal-wood cast-iron kitchen stove- common use early 20th century in South Africa ) warm gemaak en moes daarmee stryk. Ons moes gou leer, want ons het nie net die klere lelik verbrand nie, maar ook ons hande. Moes dit altyd met ‘n dik vatlap hanteer. Ek het gou geleer van klere pars met ‘n ou stuk nat laken’. Vandag vermy ek klere stryk so ver as ek kan…

(dankie google vir die foto)

Die lekkerste van die ou strykysters was ons ‘toasted sandwiches’ wat ons op die koolstoof gemaak het. Ons het dit plat gestryk tot bruin gerooster en gesmul!! Geen ‘sandwich toaster’ kan vandag naby kom nie!

Ek dwaal al weer van die onderwerp af… My ma sou nooit afval/sult eet of koop as sy nie geweet het wie dit gemaak het nie. Hul was erg trots en perfeksionisties op die voorbereiding daarvan!

Die kook van afval is so eg Suid-Afrikaans soos kan kom.

Ek het my oupa op video (dit was in daai jare op ‘n 8mm film) waar hy heerlik met sy knipmes aan die skaapkop weglê … ons kinders het draaie om hom geloop – absoluut gefasineerd. Die lekkerste was die skaap tongetjie en wangetjies. Ek wou niks weet van die oë nie! Volgens my oupa was dit die lekkerste, lekker! Hy het ons aangemoedig om dit te eet, want dan sal ons nooit eendag hoef bril te dra nie… Geen wonder ek moet nou ‘n bril dra nie J

Die peertjies was ook ‘n groot ‘favourite’ van hom. My ma het altyd die harsings toegebind in die kleinpensie. Die eindproduk was die grootte van ‘n tennisbal. Dit was spesiaal vir my boetie, veral toe hy klein was. Ek dink hy sal nou, glad nie sy mond daaraan sit nie (sy vrou sal nie weet waarvan ons praat nie). Dit was murgsag en is in skywe gesny en bedien. As my pa skaap geslag het; wat ons van die plaas saamgebring het, was dit gewoonlik ‘n ete van pap, lewer, niertjies, skaapstertjie en netvet daardie aand. (of skilpadjies- lewer wat in netvet toegedraai en op die vuur gebraai is, my favourite).  Ek het saam met my ma die dermpies skoongewas en dan het ons dit gevleg soos koeksisters en saam met die lewer, ens. gebraai en gesmul. Glo my dit was lekker… Ek was ‘n klein dogtertjie en glo my die herinneringe is baie sterk en die verlange na daai dae nog groter L

Moet sê die skaapslagtery het my glad nie aangestaan nie, my pa het ons altyd weggejaag.      Ek onthou van ‘n dag toe my neef ‘n skaapgeslag het op my oupa se plaas in Swartruggens en toe was sy dragtig met ‘n tweeling. Ek was baie ontsteld; my eerste kennismaking met swangerskap en lewe en dood! Ek het my doodgehuil! My oupa het hom die pak van sy lewe gegee met die sambok… Die oumense was anders in daai jare… My oupa het geglo as jy ‘n dier slag of jag, moet alles opgebruik word en niks moet gemors word nie! Dit was taboo!

Hulle het altyd gesê: “Kinders moet gesien, maar nie gehoor word nie!”

Die lekkerste vir my was natuurlik vark kaiings en spierwit varkvet. Ons het dit self uitgebraai teen ‘n stadige temperatuur en moes dit aanhoudend roer en roer … Daar was groot moeilikheid as dit te donker geword het. Ek was mal oor varsgebakte boerbrood met varkvet en Lyle’s stroop oor. Ongelooflik lekker. My pa het net sout en peper verkies. Botter kan nie naby kom nie en ek is een wat botter soos kaas op my brood eet. Wat ek ook mal oor was, was my stiefouma se haaspastei. Ongelooflik lekker, dit is die fynste vleis wat jy kan kry.J

Ongelukkig wil my seuns en man niks weet van afval of sult nie. My dogter eet wel my bron wat ek maak. Ek het my man ‘n paar jaar gelede gevang met ‘penskerrie’ baie fyn gesny met klein aartappeltjies. Hy het lekker gesmul, maar was glad nie gelukkig na die tyd, toe hy moes hoor wat hy geeët het nie…

Dit is harde werk, maar ‘n lekker uitdaging vir enige kok. J

So hier volg my resep:

Onthou net, ek is een van daai kokke wat opgevoel kook! Volg maar jou eie kop …

Ek kry gewoonlik my skaappens by Woolworths, dit is mooi wit, maar as nie beskikbaar nie, kry ek dit by my plaaslike slagter.

 

Ek gebruik:

4x pakke WW skaappens (white tripe) of minder, afhangende van die gewig van die pakkies.

8 Varkpootjies of 12 skaappootjies of gemeng (afhangende van wat jy in die hande kan kry) ek kon laas net varkpootjies kry… Dit is amper so skaars soos hoendertande J

500gr beesvleis (beefshin of skaapnek of…)

½ k bruin asyn

 

Kruie:

8 heel naeltjies

12 wonderpeperkorrels (All spice)

12 peperkorrels

1 eetlepel koljander

4 lourierblare

2 gekneusde suurlemoenblare of gerasperde skil van 1 suurlemoen en sap

3 huisies knoffel

 

Kerrie- uie mengsel:

2 eetlepels bruin suiker

4 t borrie

4 eetlepels Masala of minder volgens smaak (ek hou van dit sterk)

3 hoogvol teelepels beesvleisekstrak of meer

2 groot eetlepels blatjang/of appelkooskonfyt

1 groot ui gekap

1/2k bruin asyn

sout en peper

 

Week pens en pootjies oornag in koue sout water. (1 eetlepel sout op 4,5L water)

Doop die pote en pens volgende oggend in kookwarm kalkwater (dit maak die vel sag) en skraap skoon. (1 pakkie kalk (apteek) opgelos in 8liter kokende water)

Werk met handskoene. Ek skraap skoon met skeermes en skerp messie. In my kinder jare was dit nog Minora blades… Daar moet geen hare of harde vel oor bly nie. Dit is baie belangrik! Ons het geleer om die laaste wit haartjies met brandspiritus (metholated spirits) af te skroei… Maak nou-nog so met WWorths se hoenders wat nog vol hare/vere pryk! Al lekker my vingers verbrand met die vlamme… Sit gewoonlik met ‘n swart piering na die tyd; bêre hom maar weg vir volgende keer… J 

Ek onthou my ma het ‘n vuurwarm smeedyster (wrought iron) wat in die kole verwarm is in die koolstoof gebruik, om die hare en vel van die ore ens. te verwyder/af te skroei. Dit het dit swart gebrand en snaakse reuk afgegee…  

Deesdae gebruik ek ‘n ‘blow torch’ om al die hare af te brand  (7 Augustus 2013)

Kap langs spleet van pootjies tot by eerste lit en verwyder klier en harde vel onder toon.

Dompel pens en pootjies 1 uur lank in ‘n bak soutwater.

 

Kook pens in aparte kastrol met so 2 eetlepels asyn vir 40 minute plus, en gooi die vloeistof weg.

Nie ‘n lekker (mis)reuk nie, selfde as dit by die kop kom… Almal wil weghardloop. Ek kook dit in die onderste kombuis, wanneer niemand by die huis is nie… J Veral as jy wil hê hulle moet proe!!

Sny die pens in klein stukkies, kleiner as ‘n outydse duim. Kan nogal taai wees, so kook tot baie sag…

 

Kap pootjies kleiner en kook (blansjeer) so 5minute en gooi water weg. Nie langer kook nie…

Voeg pootjies en pens en heelwat later beesvleis by, saam met kruie (Kruie kan ook apart in moeseliendoekie gebind word) en bedek met genoeg koue water (paar koppies, nie te veel nie) saam met ½ k bruin asyn en kook stadig in groot swaarboom kastrol tot vleis sag is en vleis van beentjies afval. ‘n Paar ure lank (4 -6 ure en meer) (Of in stoomkoker 1 ½ tot 2 uur)

 

 

My oupa het vertel hoe hulle met daai einste beentjies osse (wa) gespeel het en moenie vergeet van die kakebeen wa nie … Wat weet vandag se kinders tog daarvan??

 

Laat koud word en verwyder beentjies en hou vloeistof. Die vloeistof is lymerig (taaierig) – so lekker lang sous – hou maar net dop sodat dit nie droog kook en brand nie… As dit nie te dik is gooi ek dit in ‘n groot sif om die beentjies makliker te verwyder, want daar is baie klein beentjies as dit sag gekook is…

 

Ek laat die mengsel gewoonlik rus om die jellie-agtige (gelatien) produk te kry.

Doen die kookproses vroegoggend en dan laatmiddag of die volgende dag voeg ek die kerriemengsel by, maar jy kan die kookproses klaarmaak ook, ek het dit al gedoen… Hang af van hoe haastig jy is…

 

Braai ui, masala, borrie en bruin suiker liggies en voeg konfyt, vleisekstrak en sout en peper met bietjie, bietjie asyn by as dit lyk of masala wil aanbrand. Voeg by vleismengsel. Kook mengsel 30 – 40 minute of langer tot dik en gaar. Oppas vir aanbrand…

Hier proe ek en maak aanpassings met soet en sout volgens smaak.

Ek sal selfs soya en worcestershiresous byvoeg na smaak. Selfs chillies as jy hou van die smaak, soos ek J

 

Ek maal my vleismengsel nog fyner in voedselmenger, maak net seker al die beentjies is uit.

Verwyder eers lourier-en suurlemoenblare en groot kruie. Ek hou van dit baie fyn.

Spoel glasbakke uit met kouewater en gooi sultmengsel in en verkil in yskas tot gestol.

Partykeer a.g.v. die lym/jellie (kollageen) is die mengsel te dik en styf. Verwarm dit net weer, voeg water (met vleisekstrak) by om te verdun en plaas terug in yskas om te stol. Bedek met kleefplastiek of foelie om uitdroging te verhoed.

 

Dit vries baie goed. Ek haal dit net uit voor die tyd, smelt dit oor lae hitte, pas smaak weer aan (verloor soutsmaak in vrieskas) en gooi dit dan weer in bakkie en sit in yskas. Proe of jy dit nou net gemaak het.

Sny in skywe. Heerlik op slappap en roosterbrood vir ontbyt of saam met ‘n lekker groenslaai, slaphakskeentjies, boerebrood en appelkooskonfyt vir ‘n ligte maal.

Die resep lyk groot, maar as al die bene uit is maak jy maar net 3 tot 4 houers vol…

Jy kan die resep halveer ook, vir ‘n eerste probeerslag.

 

Sterkte ek hoop dit is suksesvol!                              © Zelia 2011

 

 

1 Kor. 10:25

“Alles wat in ‘n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen”                                              

 

DON’T FORGET IT’S LIGHTS OUT FOR EARTH HOUR ON 26 MARCH at 8h30pm


From its debut in one city in one country: Sydney, Australia, when 2.2 million individuals turned off their lights to take a stand against climate change, Earth Hour has become truly global, embracing 128 countries and territories in 2010.

 

The World Wildlife Fund is calling for the entire world to plunge into darkness for an hour to make a stand against the threat of climate change. The hour-long blackout is a voluntary one (for a change) and done annually to raise awareness around our deteriorating natural energy resources

27 responses to SKAAP AFVAL/SHEEP OFFAL

  1. Offal for me? No thanks!!

  2. That is the norm today Newsy LOL

  3. Ek is seker daai skaap smily!

  4. Love that old stove but it does look like you have an old knarled hand in that poitjie pot!!!

  5. Yes that pork trotter resembles a hand LOL

  6. Hi Aapstert – veral as daai lippe eers weggebrand het in die drom LOL

  7. Pragtige pos!

    Maar nee ek was nog nooit SO honger dat ek afval sou eet nie.

    Lekker naweek!

  8. Thank you, Zelia.
    I talked about you during our trip and the experiences YOU had.

    Thank you again for all your useful tips!

    Yes, the trip was super long but now hubs has seen my country of birth (10% of it….)

    Hugs, Zelia.

    Hope you are well!

  9. Sjoe, Zelia, showed hubs your picture of the SMILEY. He threatened me often enough with it…..

    Yuuuks, I am a veggie!

  10. Tomorrow at 8h30 pm one of us will bankrupt the other playing Monopoly at candle light.

    I remember – last year this time, we had a MOB at ours. Candles everywhere. No electricity. Not everybody liked it.

    Take care!

  11. Deaar one! It sounds like we share a great deal of memories of growing up on the farm. I remember all those things, like my mother use to make home made soap, it boiled for hours in a very big black “drie poot pot” on the open fire, and stirred occationally. It was a long process, and I was never allowed to go near it because of the costic soda in it. But those white soap is a smell I never will forget.

    Love Skilpaadjies, but could never get myself to like tripe (afval). I think my inroduction to it was the reason for that … I vomited for days :(

    But what is very interesting … I also grew up on a farm in the Swartruggens district. Bokfontein … :) My childhood memories are idillic and carefree … just like now.

    Have a Blessed weekend and keep well :)

  12. Wow, Zelia, wat ‘n wonderlike pos!! Ek het dit verskriklik geniet, behalwe vir die resep,het jy alles so goed beskryf!! Het jy joernalistieke agtergrond? Hierdie pos behoort gepubliseer en vir die nageslag bewaar te word!!

    Baie dankie!

  13. Miskien moet ek jou nooi vir ‘n pot kerrie LOL

  14. Glad you enjoyed it.. The distance is always a problem and the start and return must be planned very carefully in advance to make it enjoyable… You need extra days to make it comfortable and the secret is never to rush anything…

  15. The ‘Smiley’ is sure to turn anyone off it for life LOL

  16. It must have been a great evening especially with the candles – which make it always special …

  17. The farm was called “Eensaamheid” – very fond memories… You know exactly what I am writing about! Take care and have a blessed week…

  18. Dankie vir die kompliment en nee geen joernalistieke agtergrond nie… Partykeer dans my vingers maar net oor die toetse en verbaas ek myself :) Ek weet nie eens of my seuns dit ooit sal lees nie, my dogter sal wel…

  19. Oeee, dis te lekker. Maak self nog afval. My man kry egter so ‘gout’ en wil nie meer baie daarvan eet nie. My lippe en vingers voel sommer so taai nadat ek gelees het.

  20. Jy weet van afval kook :)

  21. Sorry my engel – I can’t look at the afval.. but grandparents also had a farm and ‘them’ being old Yiddishe ones also cooked their version of it.. Ek kan did nie ‘doen’ nie :). But those old Agar stoves and the memories – ve also cooked and then ve baked and for fun we baked some more :). This does bring back memories.
    Hugs

  22. Morning Dinx – yes, I think it is the memories more than anything else… *Hugs* for ‘passover’ without your daughters and grandchildren :(

  23. Ek het lanklaas iets so geniet. Nie net die resep nie, maar ook jou storie, van hoe jy as kind groot geword het. Baie dankie – jy het my laat terug verlang, en my weer herinner aan als wat mooi en goed is.

    PS en die afval was heerlik

    • Hi Charmon
      Het dit so lank terug geskryf :-)
      Is nie meer aktief op die bladsy nie. Bly jy het dit geniet…
      Lekker dag.

  24. Hi Zelia, ek sou betaal om te weet waar jy grootgeword het. Elke liewe dingetjie wat jy beskryf, het ek as kind beleef. Alhoewel ek in die buiteland woon, maak ek steeds gebakte skaapkom en afval/sult wanneer ek kan. My volksvreemde man eet gelukkig nie saam nie, so ek kan dit happie vir happie uit die vrieskas eet wanneer ek huis toe verlang. Dankie vir jou beskrywing.

  25. Zelia, ek sou betaal om te weet waar jy grootgeword het. Ek het elke liewe dingetjie wat jy beskryf, as kind beleef. Ek woon in die buiteland en maak steeds gebakte skaapkop en afval/sult wanneer ek die kans kry. My volksvreemde man eet uiteraard ni saam nie, so ek geniet dit happie vir happie uit die vrieskas wanneer ek hus toe verlang. Ek het jou beskrywing geweldig geniet.

  26. Ik kwam toevallig op je site en ik vindt je blogpost
    erg interessant. Erg mooie weblog layout! Hoe lang blog je al?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site